Teen die einde van verlede week het buitelandse beleggers hulle beleggings na R24 miljard afgebring in teenstelling met R60 miljard verlede jaar. Die Aandelebeurs is hierdie jaar met 27% af en die markkapitalisasie het van R4380 miljard na R6096 miljard gesak.
Loubser het gesê Suid-Afrikaanse banke lyk nou sterker as oorsese banke. "Dit lyk nou nie sleg vir Suid-Afrika nie, maar as die situasie elders in die wêreld so voortgaan, kan ons moeilike tye verwag," het hy gesê.

Geen rede vir paniek nie, sê Russell Loubser, uitvoerende hoof van die Johannesburgse Aandelebeurs. Markte wêreldwyd het byna al 'n derde van hul waarde verloor, maar Loubser sê ons het sterk maatskappye wat goeie dividende betaal.