Kiesers het gevoel McCain is te aggressief terwyl Obama koel en kalm gebly het. McCain het dikwels sy vinger na sy opponent opgesteek sonder om na hom te kyk. Obama het weer detail vermy.
Die twee het op stoele gesit en sodoende meer van hulleself gewys. Obama het ontspanne rondgestap op die verhoog terwyl McCain doelgerig sy treë afgetel het. Obama het stilgesit terwyl McCain het aanmekaar notas geneem het. Die ouderdomsverskil was ook meer sigbaar, 47 teenoor 72.
Obama het op 'n stadium gesê hy verstaan nie waarom 'n land wat absoluut niks met 9/11 te make gehad het nie, Irak, binnegeval moes word nie, in 'n duidelike poging om 'n groeiende aantal skeptici ter wille te wees.

Lyftaal praat! Obama en McCain hou nie veel van mekaar nie. Ná Dinsdag se debat tussen die twee het hulle nie dadelik gaan bladskud nie. McCain moes Obama op die skouer gaan aanraak sodat hy na hom toe draai en toe die swart kandidaat sy hand uitsteek het McCain verkies om dit nie dadelik te neem nie maar om Obama na sy vrou, Cindy, te stuur.