Kim Tae-Young, voorsitter van die Krygsraad, het aan wetgewers in sy land gesê dat Noord-Korea 'n klein kernkop ontwikkel wat op 'n missiel gelaai sal kan word. Kim het bygevoeg dat hy nie weet of hulle sukses bereik het met die projek nie.
Noord-Korea werk aan 'n kernkop vir 'n missiel het 'n senior militêre offisier van Suid-Korea Woensdag bekendgemaak. Die aankondiging is deur die Yonapnuusagentskap gemaak.