Prasa ontken dat Spaanse lokomotief ongeluk veroorsaak

Beamptes van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en Transnet werk onverpoos om te verseker dat die spoorlyn waar ‘n Shosholoza Meyl-passasierstrein naby Kimberley in die Noord-Kaap ontspoor het, weer vir spoorverkeer oopgestel word. Prasa se uitvoerende bestuurder van hooflynpassasiersdienste vir Shosholoza Meyl en Premier-klas treine, Mtuar Swartz, sê opruimingswerk is in die proses. Volgens hom

Lees verder: Prasa ontken dat Spaanse lokomotief ongeluk veroorsaak

ANC se staatsmynmaatskappy in Mpumalanga opgerig

Die ANC in Mpumalanga het aangedui dat ‘n provinsiale mynmaatskappy onder staatsbesit geskep kan word om ekonomiese groei en swart bemagtiging te bevorder. Die besluit is geneem tydens die party se provinsiale kongres, het RSG berig. Die ANC is glo bekommerd oor die stadige tempo van transformasie in die mynbedryf in Mpumalanga. Die ANC se

Lees verder: ANC se staatsmynmaatskappy in Mpumalanga opgerig

Swart taxibestuurders steek busse in George aan die brand

Woedende swart taxibestuurders in Thembalethu in George in die Suid-Kaap het volgens die jongste berigte vyf Go George-busse na bewering aan die brand gesteek en nog een met klippe bestook. Hulle is teen die implementering van dié openbare busdiens gekant, het RSG berig. Toegang tot die woonbuurt is versper wat tot verkeersopeenhopings op die N2-hoofweg

Lees verder: Swart taxibestuurders steek busse in George aan die brand

Polisie moet oproeriges in Klerksdorp vasvat

Die polisie in Klerksdorp moes bontstaan om ongeveer 20 oproeriges, wat na bewering EFF-lede is, van ‘n kantoor by die plaaslike munisipaliteit te verwyder. Noordwes se polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê hulle wou die kantore binnedring uit protes teen swak dienslewering in die Alabama-lokasie. Sy sê die lede van die gemeenskap eis dat hulle huise in

Lees verder: Polisie moet oproeriges in Klerksdorp vasvat

Afriforum kanselleer fees glo weens ‘regses’

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Woensdagoggend aangekondig dat hulle nie dié jaar die gratis AfriForum-fees by die Voortrekkermonument gaan aanbied nie. Kallie Kriel, hoof uitvoerende beampte van AfriForum, het aan Centurion Rekord bevestig dat die konsert na agt jaar gekanselleer is. Die gratis fees, wat die afgelope agt jaar mense van regoor Pretoria getrek het, het

Lees verder: Afriforum kanselleer fees glo weens ‘regses’

Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Thailand se junta-hoof het verklaar dat die owerhede op soek is na ’n verdagte wat op CCTV-beeldmateriaal geïdentifiseer is, het AFP berig. Hy is naby die toneel van Maandag se bomontplof­fing in Bangkok opgemerk wat die lewe van minstens 20 mense geëis het en meer as 100 mense beseer het. Premier Prayut Chan-O-Cha het gesê

Lees verder: Bangkok-bomaanvaller geïdentifiseer

Palestyn geskiet na mesaanval

’n Palestynse man is Maandag deur die Israeliese polisie doodgeskiet nadat hy een van hul makkers by ’n militêre deursoekingspunt in die besette Wes-Oewergebied met ’n mes aangeval het, het Reuters berig. Die voorval volg twee dae nadat nóg ’n Palestynse man doodgeskiet en ’n ander gewond is nadat hulle volgens Israeliese owerhede mesaanvalle op

Lees verder: Palestyn geskiet na mesaanval

Vrae na skokdood in privaathospitaal

’n Centurion-gesin het geweet dat hul pa se lewenslyn nie lank is nie, maar dat hy aan septiese skok dood is – en dit in ’n privaathospitaal – is vir hulle ’n bietjie dik vir ’n daalder. Daarom het Dalene Johannsen van Zwartkop, Centurion dié week besluit om ’n klag van nalatigheid teen die Unitas-hospitaal

Lees verder: Vrae na skokdood in privaathospitaal

Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Verskeie plaaslike teoloë en teoloë uit onder meer Noorweë, Zambië en Latyns-Amerika het in Soweto byeengekom om die verskyning van die Kairos-dokument dertig jaar gelede te herdenk. Dié byeenkoms kom te midde van ‘n wêreldwye Christelike beweging teen Israel se hantering van die Palestynese kwessie en ‘n soortgelyke dokument ter ondersteuning van Palestina. Verlede jaar,

Lees verder: Teoloë byeen om Kairos-dokument te herdenk

Meer as 100 beseer toe Shosholoza ontspoor

Meer as 100 mense is glo beseer toe ‘n trein in die vroeë oggendure gedeeltelik ontspoor het buite Kimberley in die Noord-Kaap, het IOL berig. Die Shosholoza-passasierstrein van Johannesburg na Kaapstad het vroeg Woensdagoggend buite Kimberley ontspoor. Die trein is blykbaar deur een van die nuwe Afro-4000 lokomotiewe getrek. Die woordvoerder van ER-24, Werner Vermaak.

Lees verder: Meer as 100 beseer toe Shosholoza ontspoor