Die rand het dadelik stewigers vertoon toe die Reserwebank Donderdagmiddag rentekoerse verhoog het, maar verbruikers gaan sukkel met hoër skuldafbetalings. Die Reserwebank het Donderdag die rentekoers met 50 basispunte verhoog nadat inflasie van 6,8 persent in die vooruitsig gestel is. Die rand het tot R16,15 teen die dollar versterk nadat Lesetja Kganyago, Reserwebankvoorsitter, die bank
Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng
In Gauteng is sewe gevalle van maagkoors die afgelope dae aangemeld. Een persoon is reeds weens die siekte dood. Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het ook intussen drie gevalle van ingewandskoors in die provinsie bevestig. Twee meisies, onderskeidelik nege en tien jaar oud van Kaapstad en ‘n 52-jarige man van die Kaapse Wynland-distrik is met
Lees verder: Een sterf na 7 gevalle van maagkoors in Gauteng
Rentekoersverhogings verwag
Die Reserwebank sal na verwagting vanmiddag ‘n verhoging in die rentekoers aankondig ná die bank se monetêre beleidskomitee-vergadering, het RSG berig. Volgens ekonome sal die bank ook grootskaalse afwaartse aanpassings in die groei-beramings vir die Bruto Binnelandse Produk bekend maak. Die komitee se taak word bemoeilik deur die verswakte inflasie-verwagting, die voortslepende droogte, die swakker
Dlamini-Zuma oorweeg uittrede as AU-voorsitter
Suid-Afrika se Nkosazana Dlamini-Zuma oorweeg glo om uit te tree uit haar posisie as voorsitter van die Afrika-Unie Kommissie as haar eerste termyn in Julie vanjaar ten einde loop. Op die vooraand van die naweek se beraad is Algerië minister van buitelandse sake Ramtane Lamamra, ‘n voormalige AU-veiligheidskommissaris, die gunsteling om haar op te volg.
Swart verkeershoof weer voor vir bedrog
Die swart hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hills munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes, wat tereg staan op verskeie aanklagte van bedrog, verskyn na verwagting vandag weer in die hof. Judas Mahlangu is aanvanklik in Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering die munisipaliteit uit meer as R540 000 bedrieg het. Hy is toe weer in
Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor
Honderde mynwerkers in die Noord-Kaap gaan hul werk verloor nadat drie myne besluit het om werkers af te dank. Die myne in die Kathu-omgewing het hul werknemers in kennis gestel het dat hulle binnekort herstrukturering en moontlike afleggings oorweeg. Adele Nel van Tau Mining het bevestig dat Aveng Moolmans, Tau Mining en die Khumani-ysterertsmyn vakbonde
Lees verder: Honderde mynwerkers in Noord-Kaap gaan werke verloor
Parysaanvallers in ISIS-video
Nege mense wat verbind word met die terreuraanvalle in November in Parys, Frankryk, verskyn glo in ’n video wat die Islamitiese Staat (ISIS) Sondag uitgereik het. Die nuusagentskap Reuters kon nog nie egtheid van die video bevestig nie. Die ISIS-lede maak anti-Westerse uitsprake en dreig met ’n aanval op Brittanje. Ontleders wat militante groepe se
Dene stem dat asielsoekers moet opdok
Die Deense parlement het oorweldigende steun aan ‘n voorstel toegesê ingevolge waarvan asielsoekers se waardevolle items afgeneem kan word om vir hul onderhoud te betaal. Denemarke sê die beleid stel migrante gelyk aan werklose Dene, wat van hul bates van die hand moet sit voordat hulle toelaes kan eis. Die parlement het ook planne goedgekeur
Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning
Die mededingingskommissie het ‘n ondersoek geloods na samespanning deur sekere valutahandelaars, maar het ontken dat die daling van die rand ondersoek word. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Themba Mathebula het bevestig dat ‘n ondersoek na valutahandelaars van stapel gestuur is. Hy het gesê bankinstellings waaronder BNP Paribas, Citigroup, Barclays, JP Morgan Chase, Investec en Standard
Lees verder: Mededingingskommissie ondersoek valuta-samespanning
DA ruk op na Johannesburgse middestad
Duisende DA-kiesers sal Woensdagoggend opruk na die Johannesburgse middestad om te betoog oor die gebrek aan werksgeleenthede. Motoriste word intussen afgeraai om vanaf tienuur vanoggend na die middestad te reis. ‘n Woordvoerder van die party, Mabine Seabe sê die optog sal by die Westgate-vervoerpunt begin. Die DA-leier, Mmusi Maimane het in ‘n verklaring gesê byna
