Afganistan beïnvloed steeds politiek elders

Die oorlog teen die Taliban in Afganistan het reeds die Nederlandse regering tot ‘n val laat kom toe een van die koalisievennote voet dwars neergesit het oor voortgesette Navo-deelname, die Britse verkiesing is daardeur geraak, en oud-pres. George Bush se aansien het ‘n knou weg. Maar die spook van Afganistan wil maar nie gaan lê

Lees verder: Afganistan beïnvloed steeds politiek elders

‘Jammer dat ons leef’

In sy  rubriek Wanneer gaan die Afrikaner koers kry? noem Dan Roodt  beslis interessanthede wat verdere bespreking verdien. Ek dink nie mens kan hedendaagse Afrikaner politiek verstaan as jy nie die politieke psige van vandag se Afrikaner begryp nie. Dit is my mening dat die Afrikaner se gebrek aan politieke mobilisasie en die amper algehele

Lees verder: ‘Jammer dat ons leef’

Bomaanvaller waarsku oor nog aanvalle

Faisal Shahzad, gebore in Pakistan, het Maandag erken dat hy ‘n bom op Times Square in New York wou laat ontplof, en het die VSA gewaarsku dat daar nóg aanvalle kom.  Die dertigjarige Amerikaner het “honderd keer” skuld beken op al tien aanklagte teen hom, waaronder die gebruik van wapens van massavernietiging. “Ek beskou nie

Lees verder: Bomaanvaller waarsku oor nog aanvalle

Derby-Lewis ‘verdien om in tronk te vrot’

Clive Derby-Lewis, die man wat skuldig bevind is op die moord van die anti-apartheidsaktivis Chris Hani, se aansoek om parool sal Woensdag aangehoor word. Woordvoerder vir die departement korrektoewe dienste, Sonwabo Mbanga, het bevestig die verhoor sal voor die paroolraad plaasvind, maar wou geen verdere besonderhede bekend maak nie. Derby-Lewis is in 1993 skuldig bevind

Lees verder: Derby-Lewis ‘verdien om in tronk te vrot’

Zuma en Franse prys Bafana se swart span

Bafana Bafana het die hele land trots gemaak en gehelp om Suid-Afrika te verenig, ten spyte daarvan dat hulle in die eerste ronde van die 2010 Wêreldbeker uitgeval het. Só het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Bloemfontein gesê. “Julle het Suid-Afrika trots gemaak. Julle het baie goed gespeel. Dis hartseer dat ons nie deurgaan na

Lees verder: Zuma en Franse prys Bafana se swart span

Nico Smith se ideale Azaniese Afrikaner

Een van die dinge wat my opval oor Naspers se bruin rubriekskrywers, is hul fassinasie (of is dit hul obsessie?) met Afrikaners. Alhoewel die bruin gemeenskap geweldige probleme van sy eie het – geweldsmisdaad, dwelms, ongehude swangerskappe ensovoorts – is Afrikaners telkens in onder andere Jonathan Jansen en Henry Jeffreys se loep. Wat die idee

Lees verder: Nico Smith se ideale Azaniese Afrikaner

Australië stel weer rassediskriminasiewette in

Australië het drie jaar na dié wetgewing geskrap is, rassesediskriminasiewette in die Northern Territories heringestel…en die stappe is gedoen om die Aboriginies te beskerm. Die skrapping was deel van ‘n misdaadbekampingsaksie en het behels dat weermaglede ingespan kon word en is die verkoop van alkohol onder meer verbied. Minister van inheemse sake, Jenny Macklin, het

Lees verder: Australië stel weer rassediskriminasiewette in

Olieman uitgejou

‘n Beampte van BP is geroskam by ‘n oliekonferensie in Londen terwyl hy ingestaan het vir die beleërde oliereus se uitvoerende hoof, Tony Hayward. Steve Westwell, BP se personeelhoof, is twee keer tydens sy toespraak deur betogers onderbreek. “Ons moet die olie-era stop!” het betogers geskree. Die betogers is daarna uit die hotel in Londen

Lees verder: Olieman uitgejou

Iranse skip onderweg na Gasa

Iran se staatstelevisie-kanaal sê dié land sal ‘n noodlenigingskip met 1100 ton noodvoorraad na die Gasastrook stuur. Iran en Israel is teenstanders omdat Iran die Palestynse Hamas-beweging ondersteun. Om ‘n skip na Gasa te stuur kan lei tot ‘n konfrontasie met die Israeliese vloot. Israeliese soldate het op 31 Mei ‘n Turkse vaartuig na Gasa

Lees verder: Iranse skip onderweg na Gasa