Iran se staatstelevisie-kanaal sê dié land sal ‘n noodlenigingskip met 1100 ton noodvoorraad na die Gasastrook stuur.
Iran en Israel is teenstanders omdat Iran die Palestynse Hamas-beweging ondersteun.
Om ‘n skip na Gasa te stuur kan lei tot ‘n konfrontasie met die Israeliese vloot.
Israeliese soldate het op 31 Mei ‘n Turkse vaartuig na Gasa gekeer. Nege pro-Palestynse aktiviste is oorlede in die kommando-optrede teen die noodlenigingskip wat die blokkade wou breek.
Abdolraouf Adibzadeh, ‘n woordvoerder van die Iranse skip, het gesê die skip begin Sondag sy vaart van twee weke.
Die skip, genaamd Infants of Gaza, sal 10 passasiers, waaronder vyf joernaliste, aan boord hê.
