‘n Beampte van BP is geroskam by ‘n oliekonferensie in Londen terwyl hy ingestaan het vir die beleërde oliereus se uitvoerende hoof, Tony Hayward.
Steve Westwell, BP se personeelhoof, is twee keer tydens sy toespraak deur betogers onderbreek.
“Ons moet die olie-era stop!” het betogers geskree.
Die betogers is daarna uit die hotel in Londen verwyder.
Westwell het gesê Hayward is “opreg jammer” dat hy nie die konferensie kon bywoon nie.
Hayward sou ‘n toespraak lewer oor die wêreldwye verantwoordelikhede van internasionale oliemaatskappye.
Hy het hom Maandag aan die konferensie onttrek ná hy deur die VSA gekritiseer is oor die olieramp in die Golf van Mexiko.
