Só het pres. Jacob Zuma Dinsdag in Bloemfontein gesê.
“Julle het Suid-Afrika trots gemaak. Julle het baie goed gespeel. Dis hartseer dat ons nie deurgaan na die volgende fase nie, maar dit was ‘n groot oorwinning teen ‘n groot span,” het hy aan spelers in hul kleedkamer na die wedstryd gesê.
Bafana Bafana het Dinsdag vir Frankryk met 2-1 gewen.
Franse sokkerondersteuners het Dinsdag hul eie span uitgejou, nadat binnegevegte in die Franse span aanhangers laat draai het teen hul eie spelers.
Franse sokkerondersteuners, wat reeds ‘n gedeeltelike swart span ondersteun, het met die verloop van die wedstryd, toe Frankryk duidelik begin sukkel het teen Suid-Afrika, Bafana se volle “Afrikaspan” geprys.
‘n Paar duisend mense het by die Eiffel-toring in Parys die wedstryd op ‘n groot skerm gevolg.
Franse ondersteuners se rasbewustheid was duidelik sigbaar toe hulle met Florent Malouda se eerste doel hard gejuig het. Toe die wit speler Yoann Gourcuff ‘n rooi kaart gekry het, was hulle ewe in hul noppies.
Elke doel van Bafana Bafana is daarna met ‘n luide applous begroet.
Dié span se probleme het Saterdag begin toe Nicolas Anelka, een van die swart spelers, die wit afrigter, Raymond Domenech, beledig het en hy uit die span geskors is.
Anelka se spanmaats het teen sy skorsing gerebelleer deur Sondag te weier om aan die oefening deel te neem. Die rassespanning was toe reeds duidelik sigbaar.
Roselyne Bachelot-Narquin, Franse minister van sport, het Maandagaand gesê sy het die span aangespreek en vir hulle gesê hulle het die land in die skande gesteek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.