Liewe Jeanette,
(Jy dui nie aan of jou aanspreektitel “mevrou”, “mejuffrou” of dalk ‘n professionele een soos “dokter” of “doktor” is nie, so verskoon my vrypostigheid om jou op jou voornaam aan te spreek.)
Ek wil darem net die lug suiwer: Ek het net gesonde eerbied vir die mense van die Herstigte Nasionale Party, die enigste politieke party wat nog nie ‘n aks gewyk het van sy standpunte in al hierdie jare nie. Ek stem nie volkome saam met die HNP op alle gebiede nie, maar dit beteken nie dat ek hulle minag nie. Ek het goeie herinneringe van ‘n middagtee en onderhoud wat ek met Oom Jaap Marais gehad het, wat my beïndruk het met die helderheid van sy intellek maar ook met sy onbesproke hoflikheid. Hy het ‘n groot en goeie indruk op my gemaak. Ons het meer Afrikaners soos hy, en by uitbreiding, soos die stewige steunpilare in vandag se HNP, nodig.

Lees verder: Ek het gesonde eerbied vir HNP