’n Heilige is iemand wat die volk met ’n sweep regeer en uitmoor, bloot ter wille van die volk self. – Charles Baudelaire
Aardverwarming bedreig Krugerwildtuin
'n Gemiddelde styging van 2.5°C in wêreldtemperatuur kan veroorsaak dat byna twee-derdes van die spesies in die Nasionale Krugerwildtuin verdwyn het minister van Omgewingsake, Marthinus van Schalkwyk, Maandag gewaarsku.
Paul Simon dagvaar horlosiemaker
Paul Simon
Paul Simon wil die verspreider van 'n musikale horlosie dagvaar omdat dié sy liedjie Bridge Over Troubled Water gebruik het.
Singapoer wil handel in niere wettig
Singapoer oorweeg dit om die handel in niere te wettig.
AU vra uitstel vir klag teen Soedanese president
Die Afrika-unie sal die Veiligheidsraad vra om enige optrede vir 'n jaar uit te stel na aanleiding van die lasbrief vir die inhegtenisname van president omar al-Bashir van SoedanLees verder: AU vra uitstel vir klag teen Soedanese president
Die VSA en Iran gaan diplomatieke verhoudinge instel
Die VSA wil vir die eerste keer in 30 jaar 'n diplomatieke teenwoordigheid in Teheran vestig.
Lees verder: Die VSA en Iran gaan diplomatieke verhoudinge instel
Suid-Afrika wens Zimbabwe geluk
Die Suid-Afrikaanse regering het die leierskap van Zanu-PF en die twee MDC-partye gelukgewens omdat hulle 'n ooreenkoms onderteken het.
Rusland en China kom ooreen oor grense
Rusland en China het formeel hul 4300 km-lange grens getrek.
Terug skooltoe?
Die ANC en sy alliansievennote gaan 'n voltydse politieke skool in Gauteng oprig.
Plantentstof teen kanker ontwikkel
Navorsers by die Stanford-mediese sentrum in die VSA het 'n plantgegronde entstof teen kanker ontwikkel.
