Die land se gesondheidsminister Khaw Boen Wan het Maandag gesê dit sal help om aan die vraag vir oorplantings te voldoen.
Hulle het die praktiese aspekte ondersoek om onverwante skenkers te betaal om die aanbod van niere te verhoog.
Die voorstel het debat ontketen, ook internasionaal.
Maar die minister het gesê mense moenie net die idee verwerp omdat dit radikaal of omstrede is nie.
Khaw het ook gesê die Gesondheidsministerie sal die ouderdomsperk vir skenkers, wat tans 60 jaar is, verhoog.
