Die Afrika-unie se Vrede en veiligheidsraad het gister 'n noodvergadering gehou om die internasionale strafhof se skuif te bespreek.
Die IS het 'n lasbrief uitgereik om al-Bashir op aanklagte van volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in Darfoer in hegtenis te neem.
Onder artikel 16 van sy statute laat die hof toe dat die VN-veiligheidsraad 'n besluit kan uitstel of 'n ondersoek of vervolging kan opskort vir 'n jaar lank.

Die Afrika-unie sal die Veiligheidsraad vra om enige optrede vir 'n jaar uit te stel na aanleiding van die lasbrief vir die inhegtenisname van president omar al-Bashir van Soedan