Hy het by 'n klimaatsveranderingkonferensie in Kaapstad gesê aardverwarming kan ontsettende skade aan die juweel van 'n wildtuin aanrig.
Hy het gesê Suid-Afrika kan nie aanhou met sake soos gewoonlik sonder koolstofbeperkinge nie.
Ander kwessies wat aandag vra is die groeiende watertekorte in Afrika wat tot verhoogde konflik kan lei, sowel as die bedreiging van die fynbosbioom.
