Aardverwarming bedreig Krugerwildtuin

'n Gemiddelde styging van 2.5°C in wêreldtemperatuur kan veroorsaak dat byna twee-derdes van die spesies in die Nasionale Krugerwildtuin verdwyn het minister van Omgewingsake, Marthinus van Schalkwyk, Maandag gewaarsku.

Hy het by 'n klimaatsveranderingkonferensie in Kaapstad gesê aardverwarming kan ontsettende skade aan die juweel van 'n wildtuin aanrig.

Hy het gesê Suid-Afrika kan nie aanhou met sake soos gewoonlik sonder koolstofbeperkinge nie.

Ander kwessies wat aandag vra is die groeiende watertekorte in Afrika wat tot verhoogde konflik kan lei, sowel as die bedreiging van die fynbosbioom.

барби лялькиДанильченко Юрий Брониславович