Suid-Afrika wens Zimbabwe geluk

Die Suid-Afrikaanse regering het die leierskap van Zanu-PF en die twee MDC-partye gelukgewens omdat hulle 'n ooreenkoms onderteken het.

Die skuif sal samesprekings om die Zimbabwiese krisis op te los, vergemaklik.

Die woordvoerder vir die departement van buitelandse sake, Ronnie Mamoepa, het gesê dat die memorandum 'n stewige grondslag lê vir die Zimbabwiese nasie om 'n nuwe weg na politieke stabiliteit en ekonomiese herstel in te slaan.

Hy het gesê president Mbeki het onverpoosd agter die skerms gewerk om dialoog te bevorder.

Volgens Mamoepa was dit 'n groot stap in die soektog na 'n blywende politieke en ekonomiese oplossing.

хирургическое лечение заболеваний пародонтаДанильченко Юрий Брониславович компромат