Brittanje noem Mugabe se bewind ‘sadisties’

Image

David Miliband

Die Britse buitelandse sekretaris het gister die bewind van Mugabe in Zimbabwe met sadisme vergelyk. Hy het ook 'n beroep op Suid-Afrika gedoen om meer druk op sy noordelike buurman uit te oefen om verandering teweeg te bring.

Lees verder: Brittanje noem Mugabe se bewind ‘sadisties’

Barkly-wes se spookhospitaal

Elke keer as ons daar verbyry dan sien ons dat Barkley – Wes se nuwe voltooide hospitaal langs die plakkerskamp en hoofpad nog leeg staan met al die ligte aan nadat dit lankal oënskynlik voltooi is. Dis nog nie in bedryf nie – miskien in afwagting van die toerusting, personeel, ens.

Lees verder: Barkly-wes se spookhospitaal

Stamkultuur vernietig SA

Een van die hoofartikels in verlede Sondag se Rapport eindig met die sin: “Suid-Afrika is in die grootste bestaanskrisis sedert 1994 – en leierloos”. Hierdie is vir seker een van die meer relevante stellings wat uit die Media24-stal in ‘n lang tyd gekom het. Hoewel die artikel die situasie in die land reg opsom, toon dit net so min begrip vir die toedrag as almal wat tot die Suid-Afrikaanse liberale dampkring behoort.

Lees verder: Stamkultuur vernietig SA

Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement

Tenderprosedures is oortree toe kontrakte van miljarde rande aan vier maatskappye toegeken is om die departement van binnelandse sake se identifikasiestelsels te moderniseer.

Lees verder: Tenderprosedures oortree deur binnelandse sakedepartement