David Miliband het op die BBC-televisie gesê dat mens helderheid oor die sadisme in Zimbabwe moet hê. Hy het verwys na mense wat vermoor word, mense wat gemartel word, mense wat aangerand word, asook inmenging in die verkiesingsproses.
Miliband het gesê dat hy en eerste minister Gordon Brown met die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal Ban Ki-moen oor die afgelope twee dae beraadslaag het oor die situasie en oor die behoefte aan meer verkiesingswaarnemers om te verseker dat die opvolgverkiesing nie gekook word nie.
Hy het gehoop vir meer optrede van die VN-veiligheidsraad en 'n beroep op die internasionale ligaam gedoen om meer druk toe te pas. Miliband is egter teleurgesteld dat Suid-Afrika verkies om nie deur die veiligheidsraad te werk nie en eerder verkies om Afrika-oplossings te soek.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.