Baie van die gevorderde eienskappe in Firefox 3 behels boekmerke. Die nuwe weergawe laat internetgebruikers to om sleutelwoorde of etikette by te voeg per onderwerp. 'n Nuwe Plekke-fasiliteit laat gebruikers toe om vinnig webtuistes te besoek wat hulle onlangs geboekmerk of geëtiketteer het, asook bladsye wat hulle dikwels besoek maar nog nie geboekmerk het nie.
Daar is ook 'n nuwe sterretjieknoppie om maklik webtuistes by jou boekmerklys te voeg – soortgelyk aan wat op Microsoft se Internet Explorer 7 beskikbaar is.
Firefox is ook beskikbaar in 'n Afrikaanse weergawe vir plaaslike gebruikers.

'n Nuwe weergawe van die Firefox-webblaaier is geskeduleer om Dinsdag vrygestel te word met verbeterings in veiligheid, spoed en ontwerp.