Afrikaners moet deelneem aan straatnaamproses

Die Vryheidsfront Plus het 'n oproep op inwoners van Pretoria gedoen om in groot getalle by die openbare deelnameproses oor die verandering van 27 straatname in Pretoria betrokke te raak.

Lees verder: Afrikaners moet deelneem aan straatnaamproses

AIG kry R700 miljard van Amerikaanse regering

Image09:55:59 Die Amerikaanse Federale Reserwebank gaan $85 miljard (ongeveer R700 miljard) aan die versekeringsreus AIG leen. In ruil ontvang die regering 'n aandeel van 79,9 persent van die maatskappy en effektiewe beheer daaroor.

Lees verder: AIG kry R700 miljard van Amerikaanse regering

Engeland wil rassisme uitroei

Image

Emile Heskey

Engeland het FIFA gevra om rassime teen Emile Heskey te ondersoek tydens 'n kwalifiserende wedstryd teen Kroasië. Die negatiewe aanmerkings en aapgeluide uit die skare in Zagreb het gekom nadat Engeland reeds voorgeloop het. Hulle het die wedstryd met 4 teen 1 gewen.

Lees verder: Engeland wil rassisme uitroei

Dertien kinders dood na towerwoorde

Dertien mense is dood nadat 'n oproer by 'n sokkerstadion hande uitgeruk het omdat 'n speler toorkrag gebruik het. 'n VN-radiostasie, Radio Olapi, berig dat kinders tussen die ouderdomme van 11 en 16 versmoor het tydens die kragmeting wat in chaos ontaard het in Boetemboe, in die Noord-Kivu provinsie.

Lees verder: Dertien kinders dood na towerwoorde

Kagame verkry groot meerderheid in Rwanda

Image

Paul Kagame

Paul Kagame, 'n lid van die Toetsi-minderheid van 9% in Rwanda, en groot aanhanger van die VSA, het die verkiesing loshande gewen. Sy Rwanda-patriotiese front (RPF) het 42 uit die 53 parlementêre setels verkry, terwyl die Sosiaal-demokratiese party sewe en die Liberale party vier ingepalm het.

Lees verder: Kagame verkry groot meerderheid in Rwanda