Die Nyuki System sokkerklub was aan die verloor teen die klub van Socozaki toe Nyaki se doelwagter skielik veldop hardloop en begin towerspreuke opsê. 'n Hewige geveg het daarna uitgebreek tussen die twee spanne.
'n Polisieman is onder klippe gesteek en in die kop gewond toe hy orde probeer herstel het. Daarna is traangas in die skare gevuur waarna toeskouers probeer het om almal gelyk by die uitgang uit te kom
Dosyne tieners het Maandag die strate van Boetemboe ingevaar om te betoog teen die insident en die goewerneur van die provinsie het die beseerdes in die hospitaal besoek.
