Hy het aangevoer dat hy dit op onbillike diskriminasie in terme van die Wet op arbeidsverhoudinge neerkom.
Die Arbeidshof het die bewering verwerp, maar Gordon het die saak na die Arbeidsappèlhof geneem.
Woensdag het die Appèlhof die Arbeidshof se beslissing omgekeer en bevind dat die swart aansoeker, wat oënskynlik vanweë regstellende aksie aangestel is, onbillik teen Gordon gediskrimineer het.
In sy uitspraak wat eenparig deur 'n paneel van vyf regters ondersteun is, het regter D Mlambo gesê dat die hof bevind het dat Gordon beskermende bevordering versoek het wat geen direkte implikasies vir die aangestelde kandidaat gehad het nie.
Die Appèlhof het bevind dat die aanstelling van die swart kandidaat in die afwesigheid van 'n plan of program ad hoc en daarom arbitrêr was.
Die hof het ook bevind dat "ad hoc en arbitrêre" optrede nie in artikel agt van die grondwet voorsien word nie.
Die Bloemfonteinse hof het daarom bevind dat die aanstelling van die swart kandidaat onbillik teen Gordon gediskrimineer het.
