Sewe-en-twintig parlementslede gaan egter deur indirekte stemmery tussen Dinsdag en Donderdag verkies word, met 24 setels wat vir vroue gereserveer word, twee vir jeugverteenwoordigers en een vir 'n verteenwoordiger vir gestremdes.
In 2003 het die RPF 74 persent van die stemme behaal in die eerste verkiesing sedert die volksmoord in 1994 waarin 800 000 mense, hoofsaaklik Toetsi's, uitgemoor is.
Politieke waarnemers vind dit moeilik om te verklaar waarom dieselfde Hoetoes wat 'n dekade gelede alle Toetsi's wou uitwis vandag graag deur 'n Toetsi-president regeer wil word. Ander waarnemers beweer dat Rwanda steeds 'n etniese kookpot verteenwoordig en dat hernieude geweld te eniger tyd kan uitbreek, in weerwil van die demokratiese aanskyn wat die land tans het.
