Die Ouditeur-Generaal behoort ‘n spesiale ondersoek na ‘n skandalige R22,6-miljoen se Sarafina-styl teaterproduksie waarvoor deur die departement van mensevestiging betaal is, te loods, sê die DA. Die parlementêre antwoord deur minister Tokyo Sexwale het aangedui dat die teaterproduksie ‘n totaal van R22,569,656 oor drie produksiefases gekos het. Die onkoste was onder Sexwale se voorganger, Lindiwe
Khmer Rouge-tronkhoof kan veertig jaar sit
Die tronkhoof wat verhoor word vir die bedryf van ‘n martelsentrum vir die Khmer Rouge, het net bevele gehoorsaam en niks gedoen wat hope van sy kollegas nie gedoen het nie, het sy prokureur gister gesê, en daarmee probeer om populêre oproepe vir sy kliënt om die maksimum moontlike straf te kry, probeer afweer. Aanklaers
Obama se Afghanistan-plan word Dinsdag onthul
Die Amerikaanse president, Barack Obama, sal sy nuwe Afghaanse strategie Dinsdag in ‘n toespraak aan die nasie vanaf die roemryke West Point militêre akademie onthul, sê die Withuis.Van Obama word allerweë verwag om, in ‘n definiërende oomblik vir sy jong presidentskap, te beveel dat 34,000 bykomende Amerikaanse soldate aan die stryd teen die groeinde Taliban-geleide
Hulpskenkers gaan Zambië se begroting aanvul
Internasionale donateurs staan reg om sowat R1,5-miljard aan Zambië te skenk met die oog om armoede te help verlig, het ‘n Europese Unie-amptenaar gister gesê. “Deelnemende vennote het hulle onderneming om 142-miljoen euros ten behoewe van Zambië se 2010-begroting te skenk, bevestig,” sê Derek Fee, die EU-afvaardigingshoof na Zambië. Ses maande gelede het skenkers in
Sarah Palin se boek verkoop tonne
Die voormalige Republikeinse goewerneur van Alaska, Sarah Palin, se memoires “Going Rogue” het opgeskiet tot die bopunt van die Amerikaanse topverkoperlys, na net die eerste week van publikasie, het bedryfsyfers gister aangetoon. Amper ‘n halfmiljoen eksemplare van “Going Rogue: An American Life” is verkoop, wat die nuwe rakbrekers van James Patterson en Stephen King geklop
Zuma wys nuwe Zim-span aan
President Jacob Zuma het Woensdag ‘n nuwe span aangewys om Zimbabwe se sukkelende eenheidsregering te monitor en daardeur voormalige president Thabo Mbeki se bemiddelingsrol beëindig, het sy kantoor gesê. “As deel van die evaluasieproses sal die fasiliteringspan Zimbabwe besoek op ‘n datum wat nog bekendgemaak sal word,” het die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya gesê. “Voormalige
Irak span youtube in vir propaganda
Irak het die Withuis en die Pous se voorbeeld gevolg met die bekendstelling van sy regering se eie, amptelike youtube-kanaal. Die youtube-kanaal is aan die einde van ‘n besoek aan Bagdad deur Eric Schmidt, Google se uitvoerende hoof, onthul. Schmidt het ook planne aangekondig om historiese artefakte en dokumente uit Irak se nasionale museum met
Waternood dreig in die Suid-Kaap
Waternood dreig in die Suid-Kaap en die stadsraad van George het inwoners tot kalmte gemaan. Woensdag is op ‘n raadsvergadering besluit dat watertariewe vir nie-huishoudelike verbruikers met 50% verhoog sal word wat onmiddellik inwerking sal tree. Harold Basson, senior bestuurder: siviele ingenieursdienste van die George-munisipaliteit, het gister aan Die Burger gesê die watersituasie in George
Wilders in Turkse wildernis?
Terwyl die Europeërs nog langtand herkou aan die gedagte om Turkye lid van die Europese Unie te maak, het ‘n nuwe herrie losgebars. Turkye het met ontsteltenis kennis geneem daarvan dat die omstrede politikus, Geert Wilders, ingesluit is in ‘n afvaardiging van die Tweede Kamer wat oor die Kersreses ‘n werksbesoek aan Turkye wil bring.
Ekonomie groei maar werk nie
Die ekonomie groei weer maar sonder dat werk geskep word en dié groei beteken dalings in rentekoerse is vir eers verby. Desondanks ‘n groei van 0,9% in die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal wat Dinsdag deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is, bly die verlies aan poste ‘n kopseer. Tegnies gesproke is Suid-Afrika
