Irak span youtube in vir propaganda

Irak het die Withuis en die Pous se voorbeeld gevolg met die bekendstelling van sy regering se eie, amptelike youtube-kanaal. 

Die youtube-kanaal is aan die einde van ‘n besoek aan Bagdad deur Eric Schmidt, Google se uitvoerende hoof, onthul.

Schmidt het ook planne aangekondig om historiese artefakte en dokumente uit Irak se nasionale museum met behulp van Google te digitaliseer.

Nuri al-Maliki, Irak se premier, het die nuwe kanaal op youtube.com/iraqigov, bekendgestel met ‘n boodskap dat dit sy regering nou sal toelaat om hul suksesse wêreldkundig te maak.

“Die wêreld het nog nie gesien wat die regering in Irak vermag het met wat die land se ekonomie, politiek en daarstelling van ‘n demokrasie betref nie,” het Maliki gesê.

“Die regering sien die aanwending van hierdie tegnologie as ‘n geleentheid om hul suksesse te toon,” het hy gesê.

строй баняданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae