Waternood dreig in die Suid-Kaap

Waternood dreig in die Suid-Kaap en die stadsraad van George het inwoners tot kalmte gemaan.

Woensdag is op ‘n raadsvergadering besluit dat watertariewe vir nie-huishoudelike verbruikers met 50% verhoog sal word wat onmiddellik inwerking sal tree.

Harold Basson, senior bestuurder: siviele ingenieursdienste van die George-munisipaliteit, het gister aan Die Burger gesê die watersituasie in George versleg by die dag.

Basson meen daar is selfs ’n sterk moontlikheid dat die waternetwerk heeltemal afgesluit kan word en het die situasie as uiters kommerwekkend beskryf.

George se vernaamste waterbron, die Tuinroetedam, is tans net 23% vol en die watervlak daal met rasse skrede.

Die munisipaliteit gaan drastiese stappe oorweeg om waterverbruik in te perk en huishoudings gaan binnekort slegs 10 kiloliter water per maand toegelaat word en dit kan nog minder wees indien dit nie reën nie.

Die November-reënval was heelwat minder as wat die streek normaalweg ondervind.

Intussen skud die gebied vere reg vir die vakansiegangers wat binnekort gaan instroom en waarskynlik nog groter druk op die watervoorraad gaan plaas.

 

play fruit machines online freeФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae