Wilders in Turkse wildernis?

Terwyl die Europeërs nog langtand herkou aan die gedagte om Turkye lid van die Europese Unie te maak, het ‘n nuwe herrie losgebars.

Turkye het met ontsteltenis kennis geneem daarvan dat die omstrede politikus, Geert Wilders, ingesluit is in ‘n afvaardiging van die Tweede Kamer wat oor die Kersreses ‘n werksbesoek aan Turkye wil bring.

Die Turkse regering het egter heftig beswaar gemaak en Wilders ‘n fascis en rassis genoem. Die regering wys ook daarop dat hy niemand binne die regering kan vind wat met Wilders ‘n woordjie wil wissel nie, en ook niemand onder die nie-regeringsorganisasies.

Die woordvoerder, wat nie sy stellings op TV wil herhaal nie om te demonstreer dat Wilders ignoreerbaar is, het bygevoeg dat dié politikus se insluiting in die afvaardiging as provokasie beskou word.

Terwyl die Turke die insluiting van Wilders as provokatief beskryf, het die Kamerkommissie vir Europese Sake wat die besoek reël, ook voet dwars neergesit en aangedui dat die hele afvaardiging gaan, of daar is geen besoek hoegenaamd nie.

Bron: Trouw

 

потолочные светильникилобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae