Die ekonomie groei weer maar sonder dat werk geskep word en dié groei beteken dalings in rentekoerse is vir eers verby.
Desondanks ‘n groei van 0,9% in die bruto binnelandse produk (BBP) in die derde kwartaal wat Dinsdag deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is, bly die verlies aan poste ‘n kopseer.
Tegnies gesproke is Suid-Afrika nou uit ’n resessie ná drie opeenvolgende kwartale van negatiewe groei, maar meer as 1 miljoen poste kan vanjaar verdwyn.
Meer as 959 000 mense het reeds vanjaar hul status van werkend na werkloos aangepas volgens Statistieke Suid-Afrika en ekonome voorspel dat werkgeleenthede eers teen Junie volgende jaar sal begin groei.
Banke verwag dat die ekonomie met tussen 2,2% en 3% sal groei danksy vervaardiging, regeringsbesteding, boukonstruksie en dienste.
Sekere huishoudelike sektore verkeer steeds in ‘n resessie, soos finansiële dienste, eiendom, en mynbou wat tot die kwartaal se negatiewe invloed op die BBP bygedra het.
Verbruikers is steeds diep in die rooi, en ten spyte van lae rentekoerse gaan hulle versigtig bly sê ekonome.
