Hulpskenkers gaan Zambië se begroting aanvul

Internasionale donateurs staan reg om sowat R1,5-miljard aan Zambië te skenk met die oog om armoede te help verlig, het ‘n Europese Unie-amptenaar gister gesê.

“Deelnemende vennote het hulle onderneming om 142-miljoen euros ten behoewe van Zambië se 2010-begroting te skenk, bevestig,” sê Derek Fee, die EU-afvaardigingshoof na Zambië.

Ses maande gelede het skenkers in die koperafhanklike suidelike Afrika-land kommer uitgespreek oor die ontvreemding van skenkersfondse, veral deur die ministerie van gesondheid, waar omtrent R37-miljoen weggeraak het.

Fee sê die aangeleentheid van korrupsie en ontbreking van behoorlike regeringsbestuur is met die regering bespreek.

“Die formele dialoog met die regering is ontketen deur die deelnemende vennote se kommer oor ‘n aantal regeringsverbonde aangeleenthede, soos die afname van befondsing aan die teenkorrupsie-agentskappe en die verduistering van fondse by die ministerie van gesondheid,” sê Fee.

Lande wat tot die begroting gaan bydra sluit Duitsland, Swede, die Verenigde Koninkryk, Noorweë en Finland in. Die Wêreldbank sal ook bydra.

 

roulette double bet strategyАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae