Sarah Palin se boek verkoop tonne

Die voormalige Republikeinse goewerneur van Alaska, Sarah Palin, se memoires “Going Rogue”  het opgeskiet tot die bopunt van die Amerikaanse topverkoperlys, na net die eerste week van publikasie, het bedryfsyfers gister aangetoon.

Amper ‘n halfmiljoen eksemplare van “Going Rogue: An American Life”  is verkoop, wat die nuwe rakbrekers van James Patterson en Stephen King geklop het om die besverkopende boek in die land te word, volgens Nielsen BookScan.

Palin het verlede jaar gestaan vir vise-president op John McCain se verloorplatform en word gesien as ‘n potensiële Republikeinse presidensiële aanspraakmaker.

Sy het die outobiografie, wat op die 10de November deur HarperCollins uitgegee is, met ‘n warrel van mediaverskynings en ‘n politieke veldtog-styl boektoer geloods.

Haar verskyning op die Oprah Winfrey Show het oorweldigende belangstelling ontvang, wat tot beide die publisiteit en Oprah se kykersgetalle bygedra het – en selfs in sommige gebiede tot verdubbelde kykgehore bygedra het, sê Nielsen.

Palin se verkiesbaarheid bly steeds onder bespreking, maar in die boekeresies doen sy goed teenoor ander Washington-swaargewigte.

Eerste-week statistieke wys dat “Going Rogue” 469,000 eksemplare verkoop het, ietwat minder as voormalige president, Bill Clinton, se 2004 memoires “My Life” na dieselfde tydperk se verkope, maar net beter as Staatsekretaris Hillary Clinton se 2004 “Living History” .

“Going Rogue” troef die vertoning van President Barack Obama se 2007 se “Audacity of Hope” wat 67,000 eksemplare na publikasie verkoop het.

Ander topverkopers wat hierdie maand binne ‘n week van Palin se outobiografie uitgegee is, sluit “I, Alex Cross” deur Patterson en King se “Under the Dome” in.

HarperCollins het ‘n aanvanklike oplaag van 1,5-miljoen eksemplare aangekondig, dit terwyl Palin met die idee speel om in 2012 te probeer om die Withuis vir die Republikeinse regtervleuel te verower.

 

купить джинсы мальчику 3 годаданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae