Obama se Afghanistan-plan word Dinsdag onthul

Die Amerikaanse president, Barack Obama, sal sy nuwe Afghaanse strategie Dinsdag in ‘n toespraak aan die nasie vanaf die roemryke West Point militêre akademie onthul, sê die Withuis.
Van Obama word allerweë verwag om, in ‘n definiërende oomblik vir sy jong presidentskap, te beveel dat 34,000 bykomende Amerikaanse soldate aan die stryd teen die groeinde Taliban-geleide insypeling deelneem.
Maar die president, wat gister belowe het om “die taak” in Afghanistan “af te handel,” sal ook ‘n onttrekkingstrategie uitlê.
“Ons is in jaar nege van ons pogings in Afghanistan. Ons gaan nie daar vir nog agt of nege jaar wees nie,” sê die Withuis-segsman Robert Gibbs.
Gibbs was nie in staat om te sê of Obama ‘n finale besluit gemaak het oor hoeveel Amerikaanse soldate gestuur gaan word nie, maar amptenare wat anoniem wil bly, stel die getal op tussen 30,000 en 35,000 – minder as die 40,000 hupstoot wat die VSA se bevelvoerder in Afghanistan, Generaal Stanley McChrystal voor aansoek gedoen het. 
“Regdeur die proses het die president gedurig gestoot en gepor, nie om net eenvoudig vas te stel hoe ons ‘n sekere hoeveelheid troepe gaan inkry nie, waar wat die strategie is wat uiteindelik geïmplementeer moet word om hulle uit te kry,” sê Gibbs.
Die Verenigde State het tans omtrent 68,000 soldate in Afghanistan, en dra daarmee by verre die grootste las in die stryd teen die Taliban.

хамам в квартиреАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae