Khmer Rouge-tronkhoof kan veertig jaar sit

Die tronkhoof wat verhoor word vir die bedryf van ‘n martelsentrum vir die Khmer Rouge, het net bevele gehoorsaam en niks gedoen wat hope van sy kollegas nie gedoen het nie, het sy prokureur gister gesê, en daarmee probeer om populêre oproepe vir sy kliënt om die maksimum moontlike straf te kry, probeer afweer.

Aanklaers in Kambodja se eerste volksmoordverhoor vra vir ‘n 40-jaarvonnis, wat waarskynlik die 67-jarige Kaing Guek Eav vir lewenslank sal laat opsluit, maar wat sommige van sy slagoffers sê is nie straf genoeg nie.

Regters sal teen vroeg volgende jaar op die uitspraak en vonnis besluit en kan tot lewenslank oplê. Kambodja het geen doodstraf nie.

“Ek kan nie hierdie vonnis aanvaar nie, want dit is te min,” sê Chum Mey, 78, een van ‘n handjievol oorlewendes van die S-21 tronk wat drie dekades gelede deur Kaing Guek EAV, ook bekend as Duch, bestuur is. “Hy moet 70 of 80 jaar kry… Hy moet gestraf word deur gehang te word, maar Kambodjaanse wet maak nie voorsiening daarvoor nie.”

Slotargumente sal Vrydag afgehandel word in die saak van Duch, wat aangekla word van misdade teen die mensdom, oorlogmisdade, moord en marteling. Omtrent 16,000 mans, vroue en kinders wat van dislojaliteit aangekla is, was in die tronk in Pnomh Penh gemartel voordat hulle verwyder is om tereggestel te word.

In die geheel het omtrent 1,7-miljoen Kambodjane weens die radikale kommunistiese beleid van die 1975-79 Khmer Rouge-regime en hulle Frans-opgevoede leier, Pol Pot, gesterf.

 

ремонт 3 х комнатной квартирыОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae