Drie mense het omgekom toe ‘n ligte vliegtuig Woensdagoggend in ‘n park in Wattville in Benoni neergestort het. Die nooddienspersoneel van ER24 het die drie insittendes binne die verbrande wrak aangetref met hul aankoms op die gru-toneel. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die vliegtuig het op sy dak gelê. Die oorsaak van die
De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig
Die kollektiewe skuld wat Afrikaners moet verduur oor apartheid, het uiteindelik ‘n gesig of twee gekry. Die Anti-Racism Action Forum (ARAF) sal Woensdag tot die logiese stap oorgaan om die apartheidspresident FW de Klerk van verskeie apartheidsmisdade aan te kla. Die oud-president en Nobelvredespryswenner het voorheen klaarblyklik geglo sy eie veroordelings van “rassiste” en “apartheidsapologete”
Lees verder: De Klerk, Vlok staar strafregtelike aanklagte oor apartheidsmisdade in die gesig
Droogte knou rooivleisbedryf, verbruiker
Die prys van rooivleis gaan na verwagting styg weens die ergste droogte in meer as honderd jaar. Die voorsitter van die Wes-Kaapse rooivleisprodusente-organisasie, John Durr sê kleinskaalse boere sukkel om voer vir hulle vee te produseer en tot by hulle te vervoer. Die voortslepende droogte gaan ook ‘n verlammende uitwerking op die ekonomie hê vanweë
Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys
Twee wit studente se eise, wat ondermeer laster insluit, teen die Universiteit van die Vrystaat het nie geslaag nie. Afriforum het die regsgeding behartig. Die universiteit het oor hul oorwinning gekraai en gesê die saak teen twee van sy voormalige studente word beskou as afgehandel. Cobus Muller en Charl Blom het in twee afsonderlike sake
Lees verder: Twee wit studente se eise teen Kovsies van die hand gewys
Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gaan die Vrystaatse onderwysdepartement hof toe sleep weens derduisende rande se uitstaande skoolsubsidies. Adjunkhoof van Fedsas, Jaco Deacon, sê die organisasie wil die departement verplig om uitstaande subsidies aan skole in die provinsie te betaal. Hy sê die departement het versuim om die uitstaande geld aan die
Lees verder: Vrystaatse skole wag steeds op departement se subsidies
Menigitis trek 38 plat in Mosselbaai
‘n Uitbreking van virale meningitis is in Mosselbaai in die Suid-Kaap aangemeld. Dié soort meningitis word deur ontlasting versprei en die simptome sluit koors, hoofpyne, maagpyn, braking, ‘n stywe nek en diarree in. Die 38 gevalle tussen 1 Desember 2015 en 1 Februarie is almal gehospitaliseer. Wes-Kaapse departement van gesondheid het bevestig dat 37 is
Ondersoek kom na seiljagongeluk op Weskus
Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid sal die seiljagongeluk aan die Weskus ondersoek. Drie mense was aan boord van die seiljag, wat glo van Langebaan na Kaapstad op pad was. ‘n Ierse burger wat in die Wes-Kaap woonagtig is, het oorleef en is nie beseer nie. Hy kon daarin slaag om die owerhede van die ongeluk in
Vyf vas na Britse vlieënier se dood
Pres. John Magufuli van Tanzanië het die dood van die Britse bewaringskundige wie se helikopter afgeskiet is toe hy vermeende stropers agtervolg het, veroordeel, en gesê vyf mense is in hegtenis geneem, het AFP berig. Die Brit Roger Gower (37) het gesterf toe sy helikopter Vrydag tydens ’n patrollievlug oor die Maswa Natuurreservaat naby die
Twee verdagtes van Rouxville-plaasmoord verskyn vandag
RSG berig dat die saak teen twee verdagtes in die Rouxville-plaasmoord, tot vandag uitgestel is vir verdere ondersoek. Thabang Jordan en Ngalekile Zamayo is in hegtenis geneem nadat Bennie Cilliers verlede week dood en sy vrou Cecilia ernstig beseer is in die aanval. Die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord, roof en voertuigdiefstal.
Lees verder: Twee verdagtes van Rouxville-plaasmoord verskyn vandag
Amerikaanse benoemingstryd skop af
Die verkiesing van kandidate vir Amerika se presidentsverkiesing in November het in alle erns begin. Iowa is die eerste staat om sy presidentskandidate te verkies. Republikeine het Ted Cruz as hul kandidaat gekies, nadat daar vroeër ‘n driehoekige stryd tussen Cruz, Donald Trump en Marco Rubio was. Trump het tweede na Cruz geëindig. Hy was
