Eergister het ek die grootste deel van die dag, van vroegoggend tot ná sononder, by die Vryheidsfront Plus se stalletjie by Tijgerpoortlaerskool naby Silver Lakes in Pretoria deurgebring. Die geleentheid was ‘n munisipale verkiesing wat in wyk 2 van die Bronkhorstspruit- (“Kungwini”-) munisipaliteit gehou is. Gister het die uitslae bekend geraak en dit blyk dat
VSA diep bekommerd oor Suid-Afrikaanse opleiding in Guinee
Die Verenigde State is “diep bekommerd” oor verslae dat Suid-Afrikaanse militêre instrukteurs milisie wat deur die regerende junta gesteun word in Guinee oplei, het ‘n Amerikaanse amptenaar gister gesê. “Die Verenigde State het verslae ontvang van 40 of 50 Suid-Afrikaanse militêre instrukteurs wat milisielede in Guinee, sommiges onder 18, oplei.” het die Staatsdepartementsamptenaar, wat verkies
Lees verder: VSA diep bekommerd oor Suid-Afrikaanse opleiding in Guinee
Obama antwoord vrae van voorste Kubaanse blogger
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het vrae wat deur ‘n bekende Kubaanse blogger ingedien is, beantwoord en gesê hy stel nie daarin belang om met Raul Castro te “praat ter wille van praat nie,” en dat hy nie die eiland sal besoek voordat die kommunistiese regering koers verander het nie. In ‘n buitengewone geskrewe reaksie
Lees verder: Obama antwoord vrae van voorste Kubaanse blogger
Manyi dreig strenger SEB-maatreëls
Die direkteur-generaal van die departement van arbeid, Jimmy Manyi, dreig dat die regering strenger sal optree teen maatskappye wat nie voldoen aan regstellende aksie- en breëbasis swart ekonomiese bemagtiging-maatreëls nie. Hy het gister ‘n takvergadering van die ANC-jeugliga in Sandton toegespreek en gesê sy departement is van plan om ‘n klousule in die SEB-wet in
Vlaming eerste president van EU
Die Belgiese premier, Herman van Rompuy, word die eerste president van die Europese Unie. Die 27 EU-leiers het gisteraand op ’n werkdinee in Brussel baie gou eens geword oor sy benoeming. Van Rompuy (62), ’n ietwat siniese intellektueel en die skrywer van haikoes (’n soort Japanse gedig in bepaalde versvorm), het in Desember verlede jaar
As Semenya wit was…
As Semenya ‘n blanke meisie was, van enige land in die wêreld, sou daar geen geld, goud en titel gewees het nie. Sy sou vervolg word vir bedrog en geskors word van atletiek. Daar sou geen simpatie wees nie en niemand sou glo dat sy nie geweet het dat haar fisiologie afwyk van die van
Geldmors: ‘n Tydverdryf van die ANC
Die politieke onwil van die regering-van-die-dag om Hoofstuk 9-Instellinge van die Grondwet te rasionaliseer en daarmee miljoene Rand te spaar is duidelik. Op 31 Julie 2007 het ‘n ad hoc-komitee van die parlement ‘n verslag van 265 bladsye oor die Hersiening van Hoofstuk 9 en geassosieerde instellinge die lig laat sien. Die verslag is teen
VSA waarsku dat lospryse seerowers aanmoedig
Amerika het by ‘n vergadering van die VN vir ‘n groter poging gevra om seerowery te beveg en teen die betaling van loskoopgeld gewaarsku. Rosemary DiCarlo, die adjunk-ambassadeur van Amerika het haar bekommernis uitgespreek oor die feit dat die betaling van loskoopgeld ‘n toename in aanvalle op skepe veroorsaak het. Amerika moedig alle lande aan
Onstuimige weer eis 2 lewens
Twee mense is Donderdag in twee verskillende weerverwante ongelukke in Port Shepstone dood, het SAUK-nuus berig. ‘n 17-jarige skoolkind is dood nadat sy probeer het om ‘n rivier oor te steek op pad skool toe by Kwandlelu. In ‘n ander voorval is ‘n man dood nadat sy motor in ‘n rivier ingegly het as gevolg
Krygkorhoof geskors
Krygkor het sy uitvoerende hoof, Sipho Thomo, geskors. Popo Molefe, Krygkorvoorsitter, het Donderdag aangekondig Thomo is geskors ná hy en die raad nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die beëindiging van Thomo se tien jaar lange dienstydperk by die maatskappy nie. “Daar is ernstige aantygings teen hom [Thomo], en geen ooreenkoms kon bereik word