Manyi dreig strenger SEB-maatreëls

Die direkteur-generaal van die departement van arbeid, Jimmy Manyi, dreig dat die regering strenger sal optree teen maatskappye wat nie voldoen aan regstellende aksie- en breëbasis swart ekonomiese bemagtiging-maatreëls nie. Hy het gister ‘n takvergadering van die ANC-jeugliga in Sandton toegespreek en gesê sy departement is van plan om ‘n klousule in die SEB-wet in te voeg wat die regering sal toelaat om kontrakte van maatskappy wat nie aan die wet voldoen nie te termineer of te weier. Die wet sal teen volgende jaar Junie van krag word.“As jy die wet breek, moet iets gebeur,” het hy gesê. “Nie net besprekings soos ons dit nou het nie, en om hulle te vra om te voldoen nie. Hierdie mooi-mooi houding moet einde kry.”

Many sê maatskappye wat nie voldoen aan die wet nie moet uitgesonder word en “genoem en verdoem” word.

Hy sê dit is sy werk as DG van arbeid om toe te sien dat dit gebeur.

“Ek voer hierdie deel met hartstog uit, so as jou maatskappy nie voldoen nie, moet iets met jou gebeur,” het hy gesê.

Hy was versigtig om te verduidelik dat indiensnemingekwiteit en regstellende aksie nie ‘n “anti-blanke” beleid was nie.

“Blankes mag miskien die groep wees wat die meeste voordeel daaruit trek,” het hy gesê sonder om te verduidelik hoe hy by dié gevolgtrekking uitkom.

Regstellende aksie en Swart Ekonomiese Bemagtiging word deur kenners as die hoofoorsaak van die uittog van blanke kundigheid uit die land uit gesien.

футболка детская камуфляж купитьДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae