VSA diep bekommerd oor Suid-Afrikaanse opleiding in Guinee

Die Verenigde State is “diep bekommerd” oor verslae dat Suid-Afrikaanse militêre instrukteurs milisie wat deur die regerende junta gesteun word in Guinee oplei, het ‘n Amerikaanse amptenaar gister gesê.

“Die Verenigde State het verslae ontvang van 40 of 50 Suid-Afrikaanse militêre instrukteurs wat milisielede in Guinee, sommiges onder 18, oplei.” het die Staatsdepartementsamptenaar, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Getuies in Guinee sê dat Suid-Afrikaanse asook Israeli weermaginstrukteurs wat deur die junta gehuur is, besig is om rekrute in ‘n kamp in Forecariah, 100 kilometers suid van die hoofstad Conakry, op te lei.

Die Staatsdepartementsamptenaar het gesê: “Ons is diep bekommerd.”Hy het nie die Israeli’s genoem nie.

“Ons beskou hierdie aktiwiteit as ‘n direkte belediging vir die demokratiese aspirasies van die Guinese mense en loodreg teen die pogings van die internasionale gemeenskap om ‘n vreedsame ontknoping van die huidige krisis te bereik en dat dit ‘n berekende skuif van die regerende junta is om mag deur gewapende magte en etniese verdeling te behou,” sê die amptenaar.

Suid-Afrika se Departement van Buitelandse Sake het gister gesê hulle ondersoek verslae dat mense wat as Suid-Afrikaanse huursoldate beskryf word, pro-junta rekrute in Guinee oplei.

Ooggetuies het gesê die nuwe soldate wat deur die junta, wat die mag verlede jaar in Guinee oorgeneem het, gewerf is, in ‘n kamp wat voorheen gebruik is om vlugtelinge van Sierra Leone in Forecariah te huisves, op te lei.

Omtrent 40 militêre instrukteurs was besig om soldate ”wat op grond van hulle etnisiteit gewerf is”op te lei. Hulle behoort aan dieselfde groep as die juntaleier, Kaptein Moussa Dadis Camara, het getuies gesê.

Waarnemers beskuldig die junta, wat onder toenemende internasionale druk verskyn na ‘n uitdelging van 150 opposisielede tydens ‘n byeenkoms in September, daarvan dat hulle jongmanne uit Camara se tuisstreek na aan Liberië en Sierra Leone werf.

 

оружие для детей с пулькамиФильчаков прокурор харькова