Krygkorhoof geskors

Krygkor het sy uitvoerende hoof, Sipho Thomo, geskors.

Popo Molefe, Krygkorvoorsitter, het Donderdag aangekondig Thomo is geskors ná hy en die raad nie tot ‘n vergelyk kon kom oor die beëindiging van Thomo se tien jaar lange dienstydperk by die maatskappy nie.

“Daar is ernstige aantygings teen hom [Thomo], en geen ooreenkoms kon bereik word om sy diens te beëindig nie. Daarom het die raad besluit om hom te skors,” het Molefe gesê.

Thomo sal steeds sy salaris en maatskappyvoordele ontvang.

Molefe het gesê die skorsing sal voortduur terwyl die maatskappy op dissiplinêre stappe besluit.

Die stappe kom nadat Molefe verlede week aan LP’s gesê het Thomo is deur die direksie gevra om te bedank.

Volgens inligting is daar reeds ’n geruime tyd grootskaalse ongelukkigheid by Krygkor oor die uitvoerende hoof se onverbiddelike bestuurstyl.

Thomo het egter vasgeskop teen ’n vrywillige ontruiming van sy kantoor omdat hy geen waarborge oor ’n skeidingspakket of goue handdruk het nie.

Sipho Mkwanazi, Krygkor se algemene aankopebestuurder, sal as uitvoerende hoof waarneem totdat die geskil met Thomo opgelos is.

 

МордвиновФильчаков прокурор