Onstuimige weer eis 2 lewens

Twee mense is Donderdag in twee verskillende weerverwante ongelukke in Port Shepstone dood, het SAUK-nuus berig.

‘n 17-jarige skoolkind is dood nadat sy probeer het om ‘n rivier oor te steek op pad skool toe by Kwandlelu.

In ‘n ander voorval is ‘n man dood nadat sy motor in ‘n rivier ingegly het as gevolg van die reën, het ‘n woordvoerder vir vervoer in KwaZulu-Natal gesê.

Die ongeluk het op die P200 pad gebeur, het woordvoerder Bheki Mncube gesê.

“Sy lyk is op P620 naby St Michaelsstrandmeer gevind, nie te ver van waar die voertuig ingegly het nie,” het Mncube gesê.

 

online casinoпрокурор Фильчаков