VSA waarsku dat lospryse seerowers aanmoedig

Amerika het by ‘n vergadering van die VN vir ‘n groter poging gevra om seerowery te beveg en teen die betaling van loskoopgeld gewaarsku.

Rosemary DiCarlo, die adjunk-ambassadeur van Amerika het haar bekommernis uitgespreek oor die feit dat die betaling van loskoopgeld ‘n toename in aanvalle op skepe veroorsaak het.

Amerika moedig alle lande aan om ‘n beleid van “geen toegewings” te handhaaf as dit by onderhandelinge met seerowers kom, het DiCarlo gesê.

DiCarlo het gepraat tydens ‘n vergadering waar ‘n nuwe verslag oor die stryd teen seerowery, deur Ban Ki-moon, die VN se sekretaris-generaal, bespreek is.

Volgens Ban se verslag dwing versterkte pogings om seerowery aan die kus van Somalië te beveg, die seerowers nou meer na die Indiese Oseaan.

Ahmedou Ould Abdallah, ‘n afgevaardigde van Somalië het by die vergadering gesê dat die betaal van ‘n loskoopprys, soos wat Spanje vroeër vandeesweek gedoen het, die seerowers net van meer hulpmiddels voorsien om met hul onwettige aktiwiteite voort te gaan.

Intussen het die kaptein van ‘n Virgin-Islands chemiese treiler, vroeër hierdie week aan sy skietwonde beswyk wat hy gedurende ‘n kaping opgedoen het, het ‘n Somaliese seerower Woensdag gesê.

“Die kaptein van die chemiese treiler het gisteraand gesterf weens die skietwonde wat hy gedurende die kaping opgedoen het. Die boot is met die dooie kaptein oppad na Haradheere,” het seerower Mohamed gesê. 

Seerowers van Somalië het beslag gelê op dié chemiese tenkskip naby Seychelle, die mees onlangse aanval in die area tussen Tanzanië en die Maledive, het ‘n bron Dinsdag gesê.

Die skip is Maandag noordwes van Aldabra aangeval. Dit is ‘n eiland wat deel uitmaak van die Seychelle eilandsee, maar lê sowat 700 myl van die hoofeiland Mahé en is dus nader aan Tanzanië en Madagaskar.

 

casino freeДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae