Nadat Britse boekwinkels ’n paar weke gelede Kuifie in die Kongo diskreet na die rakke vir volwasse leesstof verskuif het, het ’n Kongolese student nou besluit om die uitgewers van die boek hof toe te sleep.
Bienvenu Mbutu Mondondo het op 23 Julie ’n saak aanhangig gemaak teen die maatskappy Moulinsart, wat die Kuifie-boeke uitgee en bemark. Mondondo is ’n student in politieke wetenskap in Brussel. Hy maak beswaar teen die “rassistiese“ aard van Kuifie in die Kongo, wat in 1931 gepubliseer is toe die Kongo nog ’n Belgiese kolonie was. Hy dring daarop aan dat Moulinsart vervolg word op grond van die 1981-wet teen rassisme wat in België geld. “Dit is onaanvaarbaar dat Kuifie op dorpsinwoners skreeu wat gedwing is om ’n spoorlyn te bou, of dat Milou, sy hond, hulle as luiaards bestempel,“ meen Mondondo.

Die aankondiging deur die ANC dat hy voortgaan om alle naamborde met die naam “Pretoria” daarop te verwyder, verteenwoordig niks minder as konfrontasie met die Afrikaner nie.