AZAPO wil ook hê dat FW de Klerk vervolg moet word. Volgens hulle kon hy “as die hoofskakel in die apartheidsbevelketting“ nie voorgee dat hy nie bewus was van apartheidsmisdade nie. “Wanneer iemand volksmoord pleeg, moet ons hom nie op mindere klagtes verhoor nie,” lui die AZAPO-verklaring.
FW de Klerk het verskeie koerante met regsaksie gedreig ná berigte dat hy moontlik betrokke sou wees by apartheidsmisdade.
Volgens Mbeki se kantoor hou die onlangse besluit om Adriaan Vlok en Johan van der Merwe te vervolg geen gevaar in vir die versoeningsproses in die land nie. Die riglyne wat die Nasionale Vervolgingsgesag tans volg is deur die kabinet goedgekeur en reeds deur die parlement aanvaar, het ’n presidensiële woordvoerder gesê.
