Kuifie gaan hof toe

Image

Kuifie gee klas

Nadat Britse boekwinkels ’n paar weke gelede Kuifie in die Kongo diskreet na die rakke vir volwasse leesstof verskuif het, het ’n Kongolese student nou besluit om die uitgewers van die boek hof toe te sleep.

Bienvenu Mbutu Mondondo het op 23 Julie ’n saak aanhangig gemaak teen die maatskappy Moulinsart, wat die Kuifie-boeke uitgee en bemark. Mondondo is ’n student in politieke wetenskap in Brussel. Hy maak beswaar teen die “rassistiese“ aard van Kuifie in die Kongo, wat in 1931 gepubliseer is toe die Kongo nog ’n Belgiese kolonie was. Hy dring daarop aan dat Moulinsart vervolg word op grond van die 1981-wet teen rassisme wat in België geld. “Dit is onaanvaarbaar dat Kuifie op dorpsinwoners skreeu wat gedwing is om ’n spoorlyn te bou, of dat Milou, sy hond, hulle as luiaards bestempel,“ meen Mondondo.

Image

Kuifie in die Kongo

In Julie vanjaar het die Britse Kommissie vir Rassegelykheid die sketse en dialoog van Kuifie in die Kongo bestempel as “draers van aaklige rassistiese vooroordele“ waar die “wrede barbare soos ape lyk en soos idiote praat.“ Gebaseer op hierdie uitspraak het die boekwinkelgroep Borders aan al sy winkels in Engeland en die VSA opdrag gegee om die gewraakte publikasie na die volwasse afdeling te verskuif. Verkope het dadelik die hoogte ingeskiet.

in arabian nightsФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae