Naamsveranderinge ?n kopseer vir Fifa

’n Vergadering van Fifa, onder leiding van die nuwe sekretaris-generaal Jerome Valcke en die direkteurs van Suid-Afrika se 2010-komitee, het gister plaasgevind. Tydens die perskonferensie ná afloop van die vergadering is aangekondig dat Telkom ingestem het om R250 miljoen by te dra. Telkom sal die infrastruktuur oprig wat wêreldwye televisiedekking van die toernooi moontlik maak.

Volgens Valcke vind hy die Suid-Afrikaanse voorbereiding “bevredigend.” Hy het egter toegegee dat konstruksiewerk by die stadions in Port Elizabeth en Kaapstad stadiger vorder as wat beplan is.

Die plaaslike organiseerders en Fifa het ’n ooreenkoms bereik dat naamsveranderinge van gasheerstede slegs binne Suid-Afrika gebruik sal word terwyl ’n kombinasie van ou en nuwe name in die buiteland gebruik gaan word. Die stede is: Bloemfontein (Mangaung), Port Elizabeth (Nelson Mandelabaai-munisipaliteit) en Pretoria (Tshwane).

Volgens Joe Paahla, van die departement van sport en ontspanning, gaan die 2010 Wêreldbekerbyeenkoms gebruik word om die “kuns en kultuur” van Suid-Afrika – en ook die res van die vasteland – aan buitelanders bekend te stel.

Verder het John Barton, voorsitter van die Groeikoalisie, gister tydens ’n byeenkoms in Durban verklaar dat indien misdaad nie teen 2010 gehalveer word nie, Suid-Afrika met ’n “openbare beeldkatastrofe” te doen sal kry. Misdaad is volgens hom die een faktor wat 2010 kan laat sneuwel.

итальянские люстрылобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae