?Slegs tegniese vertraging? by Pretorianaamsverandering ? ANC


 Teken ons petisie teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!

Die verandering van Pretoria na Tshwane “is nie werklik ‘n kwessie nie”, het die ANC in Gauteng Dinsdag gesê. Die party se sekretaris in dié provinsie, David Makhura het tydens ‘n perskonferensie laat blyk dat die party meen dat Tshwane die hoofstad is.

Maar dis ‘n “kwessie van proses” om hierdie “benadering” ‘n werklikheid te maak. Hy het gesê dat die ANC in die verlede mense wat teen die naamsverandering gekant was in ag geneem het.

“Nou het ons egter ‘n besliste standpunt ingeneem. Die vertraging is net tegnies.”

Hy het gesê dat, terwyl die party bereid was om die regte prosedure te volg, die behoefte aan die verandering van sekere name nie bevraagteken word nie.

Makhura het gesê dit was die ANC se plig om die “provokasie” van groepe soos Afriforum wat teen die naamsverandering gekant is, te vermy.

“Ons weet dat daar mense in Tshwane is wat verandering goedgesind is,” het hy gesê.

Hy het gesê groepe soos Afriforum was net sensitief oor een kant van Suid-Afrika se geskiedenis, terwyl die ANC baie verskillende kante van die verlede wou erken.

Die party wou byvoorbeeld kyk hoe die geskiedenis van Afrikanerstryd voorgestel moet word.

Maandag het die Vryheidsfront Plus gesê dat dié party, tesame met Afriforum, in die hooggeregshof sou aansoek doen om die wetlike posisie rondom die naam van die hoofstad op te klaar.

Verlede week het die segsman van die Tshwane-munisipaliteit, Console Tleane, bevestig dat planne bestaan om alle padtekens van “Pretoria” na “City of Tshwane” te verander.

Maar dié planne was nog ten beste “’n bespreking wat waarskynlik na konkrete planne sou lei”.

Tleane het beaam dat die munisipaliteit Pretoria as ‘n voorstad binne die “city of Tshwane” beskou.

машинкалобановский класс