Krieket eindig gelykop

Engeland se krieketspan dit weereens reggekry om vas te byt vir ‘n gelykopuitslag teen die Proteas op Nuweland, nadat die Suid-Afrikaners belowend gekolf het. Teen uitskeityd was die Engelse op 296 – 9. Hulle kan nou nie die reeks meer verloor nie al sou Suid-Afrika die laaste toets wat op 14 Januarie in Johannesburg begin, wen.

Lees verder: Krieket eindig gelykop

Godsdiensspanning lei tot skietery voor kerk

‘n Skare Christene in die suide van Egipte het met die polisie gebots na ‘n skietery buite ‘n Christelike Koptiese Kerk ses tieners en een polisieman se lewens geëis het. Die skare het buite die hospitaal se lykhuis geprotesteer omdat van die slagoffers se begrafnis vertraag is. Die lyke is uiteindelik oorgehandig en begrawe waarna

Lees verder: Godsdiensspanning lei tot skietery voor kerk

Koperdiewe by myn gewond

Twee vermeende koperdiewe is tydens ’n skietery by die Lonmin myn, waar platinum vervaardig word, in Middelkraal, Noordwes gewond. Die gewondes en nog vier verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem, het Supt. Kebaakae Junior Metsi in ‘n verklaring gesê. “Personeellede en sekuriteitswagte van die myn het in een van die verlate skagte ingegaan nadat hulle

Lees verder: Koperdiewe by myn gewond

Eerste plaasmoord vanjaar?

Die Christen-Demokratiese Alliansie CDA het die arrestasie van ‘n verdagte in verband met die jongste plaasmoorde verwelkom, en die polisie geluk gewens. “Ons pleit by die regering om die probleem van plaasmoorde as iets buitengewoons vierkantig in die oë te kyk en deurgaans skerp te veroordeel. “ So vra die leier van die Christen-Demokratiese party

Lees verder: Eerste plaasmoord vanjaar?

Plaasmoord ‘bloedbad’

In ’n toneel wat deur paramedici as ’n “bloedbad” beskryf is, is ‘n egpaar dood op hul plaas in die Vrystaat aangetref. “Paramedici het op ‘n bloedbad afgekom toe hulle gisteraand na ‘n plaas ontbied is,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, gesê. Botha het gesê dit blyk dat die moord op die plaas,

Lees verder: Plaasmoord ‘bloedbad’

Matriekslaagsyfer daal met 2%

Ongeveer 60,7 persent van matrieks het die 2009-eksamens geslaag, wat ‘n daling van effens minder as twee persent teenoor 2008 se syfer verteenwoordig, het die ANC-minister vir basiese onderwys, Angie Motshekga, vanmôre gesê. Motshekga meen dat, hoewel die daling redelik klein is, dit “baie teleurstellend” is. In 2008 het 62,5 persent van matrieks geslaag. “Om

Lees verder: Matriekslaagsyfer daal met 2%

Slovo gedenk

Lede van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, SAKP, het Woensdag ‘n gedenkdiens vir hul ontslape leier, Joe Slovo, by die Avalonbegraafplaas in Soweto bygewoon. Jeremy Cronin, die adjunksekretaris van die SAKP, was ook teenwoordig terwyl Blade Nzimande, SAKP-leier, gaste tydens die diens toegespreek het. “Vandag gaan ons die Joe Slovo-stigting bekend stel wat sy nalatenskap die toekoms

Lees verder: Slovo gedenk

Al Kaida-baas in Jemen vas

Jemenitiese polisie het Woensdag ’n Al-Kaida-baas vasgetrek wat glo dreigemente gemaak het wat talle buitelandse ambassades in die hoofstad Sanaa vandeesweek tydelik hul deure laat sluit het. Mohammed al Hanq het aanvanklik Maandag sy inhegtenisname vrygespring gedurende ’n klopjag in Arhab, sowat 40 kilometer noord van Saana, waarin twee van sy familie-lede dood is en

Lees verder: Al Kaida-baas in Jemen vas