Al Kaida-baas in Jemen vas

Jemenitiese polisie het Woensdag ’n Al-Kaida-baas vasgetrek wat glo dreigemente gemaak het wat talle buitelandse ambassades in die hoofstad Sanaa vandeesweek tydelik hul deure laat sluit het.

Mohammed al Hanq het aanvanklik Maandag sy inhegtenisname vrygespring gedurende ’n klopjag in Arhab, sowat 40 kilometer noord van Saana, waarin twee van sy familie-lede dood is en drie ander beseer is.

Volgens ’n amptenaar is Mohammed al-Hanq en twee ander gewonde mans gevang in ’n hospitaal in Reedah in die land se Amran-provinsie.

Die Amerikaanse ambassade is twee dae lank gesluit as gevolg van kommer oor veiligheid ná dreigemente van Al-Kaida teen buitelandse belange in die land ontvang is.

Die ambassade het Dinsdag met sy heropening gesê suksesvolle veiligheidsmaatreëls is die rede waarom sy deure weer vir die publiek oop staan.

Die Britse en Franse ambassades in Jemen, wat ook gesluit was, het Woensdag heropen.

 

slots freeАлександр Фильчаков Васильевич