Koperdiewe by myn gewond

Twee vermeende koperdiewe is tydens ’n skietery by die Lonmin myn, waar platinum vervaardig word, in Middelkraal, Noordwes gewond.

Die gewondes en nog vier verdagtes is Woensdag in hegtenis geneem, het Supt. Kebaakae Junior Metsi in ‘n verklaring gesê.

“Personeellede en sekuriteitswagte van die myn het in een van die verlate skagte ingegaan nadat hulle voetspore opgemerk het en rook geruik het.

“Hulle het op ‘n groep mans afgekom.

“Die verdagtes het reeds ‘n groot hoeveelheid koperdraad gestroop.”

“Toe die verdagtes die personeellede sien, het hulle begin skiet,” het Supt Metsi gesê.

Die sekuriteitswagte het teruggeskiet en twee van die verdagtes is gewond.

 

форма 063данильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae