Eerste plaasmoord vanjaar?

Die Christen-Demokratiese Alliansie CDA het die arrestasie van ‘n verdagte in verband met die jongste plaasmoorde verwelkom, en die polisie geluk gewens.

“Ons pleit by die regering om die probleem van plaasmoorde as iets buitengewoons vierkantig in die oë te kyk en deurgaans skerp te veroordeel. “

So vra die leier van die Christen-Demokratiese party (CDP) en waarnemende voorsitter van die CDA, ds. Theunis Botha.

Hy het gereageer op waarskynlik vanjaar se eerste plaasmoord in Suid-Afrika, dié op ‘n ouerige egpaar op hul Vrystaatse plaas. Hulle was die sieklike 63-jarige mnr. Koos van Zyl en sy 66-jarige vrou, Retha.

“Die toneel is deur paramedici as ‘n slagting beskryf,” sê Botha.

“Hoeveel sulke gevalle nóg voor die regering sy plig nakom en die boodskap duidelik maak dat so iets nie in orde is nie?

“Daar is niks normaal aan as die moordsyfer onder boere en hul gesinslede bykans drie keer die Suid-Afrikaanse moordnorm is, wat reeds onder die hoogste ter wêreld tel nie, en persentasiegewys vergelykbaar is met ongevalle in Chinese steenkoolmyne en meer as Britse ongevalle in die oorlog in Afganistan is nie.

“Ons spreek ons innige medelye teenoor die naasbestaandes uit.”

 

в банеданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae