Slovo gedenk

Lede van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, SAKP, het Woensdag ‘n gedenkdiens vir hul ontslape leier, Joe Slovo, by die Avalonbegraafplaas in Soweto bygewoon.

Jeremy Cronin, die adjunksekretaris van die SAKP, was ook teenwoordig terwyl Blade Nzimande, SAKP-leier, gaste tydens die diens toegespreek het.

“Vandag gaan ons die Joe Slovo-stigting bekend stel wat sy nalatenskap die toekoms sal indra”, het Solly Mapaila, SAKP-lid, gesê.

Die Jong Kommunisteliga sal na verwagting ‘n toekenning aan die Slovofamilie oorhandig.

Slovo is in 1995 aan kanker dood.

Hy was ‘n anti-apartheidsaktivis, stigter van Umkhonto we Sizwe, die ANC se militêre vleuel, asook leier van die SAKP gedurende die tagtigerjare.

 

casino onlineФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae