Godsdiensspanning lei tot skietery voor kerk

‘n Skare Christene in die suide van Egipte het met die polisie gebots na ‘n skietery buite ‘n Christelike Koptiese Kerk ses tieners en een polisieman se lewens geëis het.

Die skare het buite die hospitaal se lykhuis geprotesteer omdat van die slagoffers se begrafnis vertraag is.

Die lyke is uiteindelik oorgehandig en begrawe waarna die betogers bedaar het.

Die skietery wat aanleiding gegee het tot dié protesoptog het Woensdagaand buite ‘n Koptiese Kerk in Nagaa Hamadi plaasgevind.

Ses Koptiese tieners en een polisieman, wat die kerk bewaak het, is doodgeskiet toe die gemeente met middernag uit die kerk gestap gekom het.

Koptiese Christene vier Kersfees op 7 Januarie.

Gemeentelede het blykbaar dreigemente ontvang die aand voor die skietery en polisie is gevra om die kerk te bewaak.

Verhoudinge tussen die verskillende godsdiensgroepe verkeer onder geweldige druk sedert Moslems ‘n protesoptog gehou het nadat ‘n Moslemvrou glo deur ‘n Christenman verkrag is.

 

silver earringstopcargo отзывы